icon-newsletter

‘n Rekord van jou beleidenis 

 

Het die Here jou al ooit oortuig van iets verkeerds in jou lewe, terwyl jy besig was om jou Bybel te lees; en dan net ’n paar uur later het jy heeltemal daarvan vergeet?

Daar is iets eenvoudig wat my help het om te onthou wat ek gelees of besef het. Ek probeer om dadelik neer te skryf wat God vir my uitgewys het. Dit help my om meer aanspreeklik te voel en aksie te neem.

Ek het byvoorbeeld eenkeer in Matteus 18:23-35 gelees van ‘n dienskneg wat van ‘n groot skuld aan sy koning kwytgeskeld is. Daardie einste dienskneg het toe omgedraai en ‘n mede dienskneg in die tronk laat sit, omdat daardie persoon het hom nog ‘n honderd pennings geskuld het. 

Hier is wat ek in reaksie neergeskryf het: “Here, ek tree dikwels soos daardie kwytgeskelde dienskneg op, wat geweier het om te vergewe, maar betaling van sy kollega geëis alhoewel hy hom net ‘n klein bietjie geld geskuld het. Vergewe my, Here, dat ek nie ander behandel met dieselfde deernis wat ek van U ontvang nie. Help my om so vrygewig genade aan ander uit te deel, soos wat U vir my het.”

Indien jy sukkel om te onthou wat jy in die Bybel gelees het, kan ek jou aanmoedig om ‘n joernaal te kry en probeer om jou reaksies en voornemens aan te teken?

Seëngroete van ROHSA