icon-newsletter

‘n Gebalanseerde huwelik

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Die Skrif sê: “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.
Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.” (Efésiërs 5:22-23).

Let op wat jy nie hier sien nie – agressiwiteit aan die een kant teenoor passiviteit aan die ander kant.

Die man het die verantwoordelikheid om liefdevolle, nederige leierskap te bied. Aan die een kant moet hy nie hardvogtig of dominerend wees nie. Daarteenoor moet hy ook nie passief of lui wees nie.

Die vrou word geroep om aktiewe, intelligente, vreugdevolle onderwerping aan haar man se leierskap te gee. Soos haar man, moet sy ook agressie, passiviteit, dominansie en verkleinering vermy. Sy is nie ‘n robot wat nooit mag saam praat nie, nooit aan die besluitnemings proses deelneem nie en nooit haar man se optrede bevraagteken indien hy verkeerd is nie.

Is jy geneig om na agressiviteit of passiviteit te neig? Wat kan jy doen om in jou huwelik na meer gebalanseerdheid te beweeg?

 

Seëngroete van ROHSA