Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Stel die Bybel voor dat vroue onderdruk moet word? Dis deesdae ‘n gewilde idee in sommige kringe, maar dink bietjie aan alles wat Jesus vir vroue gedoen het. Soos in baie ander kulture vandag nog, is vrouens dikwels in Jesus se tyd net as ‘n besitting beskou. Tog het Jesus vroue as mense van waarde behandel, met respek en vriendelikheid..
Toe Hy die Heilige Gees met Pinkster gestuur het, was mans en vroue daar, wat die profesie vervul het dat God sy Gees “op julle seuns en julle dogters” sou uitstort (Handelinge 2:17).
Dit is duidelik uit die res van die Nuwe Testament dat mans en vroue gelyke deel het aan die Liggaam van Christus. Paulus skryf in Galasiërs: “Daar is nou nie meer Jood of Griek, nie meer slaaf of vryman, nie meer manlik en vroulik nie;
want julle almal is één in Christus Jesus!”
Wanneer jy hoor dat die Christendom beskuldig word van onderdrukking teenoor vroue, onthou wat die Bybel sê. Ons het wel verskillende rolle, maar ons deel gelyk op in die seëninge van verlossing, met gelyke toegang tot God deur Jesus Christus.
Seëngroete van ROHSA