icon-newsletter

‘n Engel het die deur oopgemaak 

 

Het jy ook al ervaar dat dit vir jou voel jy in ‘n onmoontlike situasie of posisie is? Indien wel, dan kan jy met die dissipels assosieer soos ons in Handelinge 5 lees. Hulle was gearresteer omdat hulle die Evangelie verkondig het, hulle is vasgebind en in die tronk gegooi; ontsnapping het onmoontlik gelyk.

Maar die Woord vertel ons dat ‘n engel van die Here in die nag aan hulle verskyn het en die tronk se deure oopgesluit het wat hulle vryheid gebring het.

In vers 20 sê die engel vir die dissipels: “Gaan staan in die tempel en preek vir die mense alles wat hulle moet hoor van Jesus, sodat hulle waarlik kan lewe.” Dit was deel van God se plan om hulle te red, en Hy kan dieselfde vir jou doen. Op Sy tyd.

Wanneer ons vasgevang voel in ‘n moeilike situasie, kan ons God vra vir hulp. Ons kan vra “Here, as dit U wil is om my nou uit hierdie situasie te red, weet ek U kan. Maar as U dit nie doen nie, dan weet ek U het ‘n groter doel as my onmiddelike verstaan en gemak.

Seëngroete van ROHSA