icon-newsletter

Liewe Verward 

 

Nancy vertel ons sy het eenkeer ‘n dialoog tussen twee mense gelees waarvan een ‘n bekende rubriekskrywer was.

Die vrou wat het ingeskryf het, het dit gedoen onder die naam “Verward”: “Beste Dr. Tracy, ek en my man is al vier jaar lank getroud. Die afgelope tyd kan ek dit nie verdra om met hom te praat of selfs net naby hom te wees nie. Ek het vir hom gesê ek is nie meer lief vir hom nie.”

Dr. Tracy se antwoord was: “Liewe Verward, jy is heeltemal te jonk om te skik vir ‘n lewe sonder liefde. Hoe gouer jy wegkom, hoe beter sal dit vir jou wees – en uiteindelik ook vir jou man.”

Soms ervaar ons in ons verhoudings daardie emosioneel gelukkige gevoelens, en soms nie. Dit is baie maklik om hierdie gevoelens met liefde te verwar. Maar God het vir ons gewys wat liefde werklik is. Hy het sy Seun vir ons gegee, selfs al kon en kan ons steeds vir Hom niks in ruil terug gee nie.

Ons word geroep om dieselfde te doen — om tyd, aandag, toenadering en toewyding te gee — sélfs wanneer ons nie enige emosionele bevrediging terug kry nie.

“Net soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Dit is hoe almal sal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde teenoor mekaar het.” Johannes 13:34

Wat kan jy vandag doen om met ware liefde te lewe?

Seëngroete van ROHSA