icon-newsletter

Twee verskillende reaksies

 

Daar is ‘n storie in Lukas 7 wat elke keer direk met my praat.

Jesus het saam met Simon, ‘n godsdienstige leier – ‘n Farisieër, aandete geëet toe iemand net bekend as ‘n “sondige vrou” die gesellige atmosfeer deur haar optrede verongeluk het. Sy het baie duur parfuum op Jesus se voete uitgegooi en toe Sy voete met haar trane gewas.

Simon het vir homself gesê: “As hierdie man ‘n profeet was, sou hy geweet het watter soort vrou dit is wat hom aanraak – sy is ‘n sondaar.” Maar Jesus hét presies geweet watter soort vrou dit was—een wat besef het hoe wonderlik dit was om vergewe te word.

Jesus het ook geweet watter soort man die godsdienstige leier was—een wat geweier het om sy eie sonde te erken, een wat nie gedink het hy hoef vir enige iets vergewe te word nie.

Soveel keer kom ek soos Simon na Jesus toe, ongeërg en onverskillig oor my sonde. Ag julle, ek wil meer soos daardie vrou wees wat spontane, uitspattige liefde, van uit ‘n hart van opregtheid en gebrokenheid betoon het.

Seëngroete van ROHSA