Water is nie altyd skoon genoeg om te drink nie, daarom kook ons dit sodat dit van die onsuiwerhede verwyder, en dan is die water veilig om te drink.
In Jesaja 64:2 roep Jesaja tot God en sê: Kom af soos ‘n vuur wat fynhoutjies laat brand, soos ‘n vuur wat water laat kook.
Jesaja het gesê dat God se teenwoordigheid soos ‘n vuur is wat water laat kook. Ongelukkig het ons almal stilstaande, selfvoldane waters in ons lewens wat onsuiwerhede versteek. God se teenwoordigheid kom onder daardie waters soos kole vuur en laat dit kook – om dit te suiwer en skoon te maak.
God wil elke onreinheid verwyder, in ons eie persoonlike lewens maar ook in ons kerke. Sal jy saam met Jesaja vir God vra om met ‘n herlewing te kom; om ons van selftevredenheid te verlos en ons skoon en heilig te maak?
Seëngroete van ROHSA