icon-newsletter

Hoe lyk oorgawe? 

Wanneer ons soos Jesus wil wees, moet ons leer om onsself aan God se wil oor te gee. Ek het ‘n paar vriendinne gevra wat oorgawe vir hulle beteken.
• Ek is uitgedaag om meer vrygewig te wees… om van my oorvloed weg te gee.
• Ek moes ‘n paar eet gewoontes verander.
• Ek het geleer om minder geopinieerend te wees.
• Ek moes ‘n paar dinge van my skedule skrap.
• Ek moes ophou om te probeer om my man te verander.
• Om God se roeping vir my lewe te volg, het al beteken dat ek na ‘n nuwe stad moes trek. Ek moes my huis en vriende agterlaat.

Ons almal staar dieselfde vraag in die gesig: Sal ek God se wil in elke area van my lewe volg?
Jesus het gesê, “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie?” Lukas 6:46 of soos een van die nuwe vertalings dit stel “Hoekom sê julle so baie maal Ek is julle Here, maar julle doen nie wat Ek sê nie?”

Soveel Christene gaan dood luiters deur die lewe sonder om te vra, “Wat wil God hê ek moet hiermee doen? Wat sê die Bybel?”
Het jy onlangs gevra wat God van die sake wat jy in die gesig staar, dink? Wanneer Hy vir jou wys, sê dan eenvoudig, “Ja, Here.”

Seëngroete van ROHSA