icon-newsletter

God se wil in sy Woord

 

‘n Paar van my goeie vriende se huwelik is in ernstige moeilikheid. Soms raak ek moedeloos en hartseer daaroor en weet dan nie hoe om vir hulle te bid nie. Miskien was of is jy in dieselfde situasie.

Ek weet wel dat God vir ons Sy wil in Sy Woord wys, daarom verkies ek om volgens die Skrif te bid. Ek weet dat ek dan volgens God se wil bid.

Ek weet byvoorbeeld uit Efesiërs 5 dat dit God se wil is dat hierdie man sy vrou moet liefhê op dieselfde manier wat Christus die kerk liefhet. Daarom kan ek bid dat hierdie man sal leer om dit te doen.

Ek bid ook op grond van God se Woord dat hierdie vrou sal leer om haar man te respekteer en hom te eer vir sy leierskap in hulle huis. Ek bid dat hulle in liefde, in eenheid en in waarheid sal wandel.

Volgende keer as jy wil bid volgens God se wil, en jy is nie heeltemal seker hoe nie, maak jou Bybel oop, die Heilige Gees sal jou lei om die Woorde te vind.

Seëngroete van ROHSA