icon-newsletter

God se liefde in ons

 

Jy het sekerlik ook al beleef dat iemand sommer net moedswillig of onkonsidererend teenoor ander optree?
Ons sal seker nie verras wees as ‘n ongelowige persoon so optree nie. God is liefde, en elkeen wat Hom nie ken nie kan die verskoning hê dat hulle nie weet hoe om liefde te wys nie. Maar enigiemand wat God ken, het geen verskoning vir liefdelose gedrag nie.

Hoe tree jy op teenoor iemand wat liefdeloos of moedswillig optree? Is jy ‘n ware dissipel in jou optrede of wys jy dieselfde liefdeloosheid, deur vuil kyke te gee of daai persoon iets toe te snou?

God sê vir ons in Romeine 5:5 “Die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”

Wanneer jy in ‘n verhouding met God staan, het jy die vermoë om werklik lief te hê deur die werking en krag van die Heilige Gees. Vra God om vandag Sy liefde deur jou te laat vloei na die mense om jou.

 

Seëngroete van ROHSA