icon-newsletter

Gelowig en dwaas

 

Spreuke 7 vertel die verhaal van ‘n verleidelike vrou. Lees gerus self die hele hoofstuk. Dit vertel die verhaal van ‘n jong man wat deur ‘n dwase vrou verlei word. Interessant genoeg wil dit voorkom of die dwase vrou gelowig is. So tussen haar verleiding deur regverdig sy haar gedrag deur te praat van haar geestelike offers wat sy gemaak het.

Ongelukkig maak baie vrouens soortgelyke foute. ‘n Getroude vrou het vir Nancy vertel dat sy berading na haar predikant toe gegaan het, wat toe belei het dat hy aangetrokke tot haar voel. Al het sy geweet dit is ‘n plofbare situasie, het sy steeds elke maand vir hom ‘n haarsny en massering gegee.

Jakobus gee baie goeie raad oor wysheid in hoofstuk 1:5 “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.”

Is jy soos besig om soos die dwase jong man jouself of iemand anders in ‘n posisie te plaas waar jy versoek kan word om te sondig? Vra God om hierdie slaggate vir jou uit te wees, en Hy sal jou help om die regte keuses te maak. Wees verstandig en bly weg van versoekings. 

Seëngroete van ROHSA