icon-newsletter

Einde van die storie

Stel jou voor hoe dit moet wees om in ‘n vreemde land gestrand te wees, nadat jou man en kinders onverwags daar gesterf het. Dis presies die situasie waarin Naomi haarself bevind het. Ons lees in Rut dat sy gesê het: “My lewe was vol toe ek hier weg is, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom noem julle my nog Naomi? Die Here het dan teen my gedraai, die Almagtige het ‘n ramp oor my gebring.”

Naomi het ervaar dat lyding op een of ander manier met God verbind is, maar sy kon nie die groter prentjie sien soos ons nou kan sien nie. Terwyl ons Naomi se verhaal lees, sien ons dat haar situasie haar uiteindelik selfs meer geseënd en vrugbaar gemaak het. Uiteindelik het die Redder uit haar familie-lyn gekom.

Ongelukkig, soos Naomi, kan ons nie die einde van die storie sien terwyl ons nog besig is om dit uit te leef nie. Jy mag dalk tans deur ‘n beproewing gaan by die werk of dalk met een van jou ouers of ‘n kind. Onthou asseblief dat God daar by jou is, reg langs jou in jou lyding?

God laat ons deur lyding gaan vir ‘n besonderse eindresultaat – sodat ons meer geseënd en vrugbaar kan wees, net soos Naomi. Hy ken jou hele storie, van begin tot die heel laaste word.

Seëngroete van ROHSA