icon-newsletter

Die opeis van regte

Aartsvaders het lank gelede reeds ons basiese regte neer gelê, soos bv. die reg op vryheid van spraak en die reg op samekomste.

Deesdae is die op eis van regte amper so alledaags as die lug wat ons inasem. En al sou ons dit dalk nie hardop sê nie, voel ons heimlik dat ons ​​eintlik ook ander regte het. Ons voel ons het die reg op ’n goeie nagrus, die reg om gelukkig te wees. Die reg op vakansie en die reg om hulp te kry wanneer ek dit wil hê, veral met takies in die huis.

Die waarheid is egter dat ons eintlik iets heel anders verdien! Romeine 5 herinner ons daaraan dat toe ons nog ongelowig was, ons vyande van God was. 

Gelukkig het God nie vir ons gegee wat ons met reg verdien het nie. In plaas daarvan het Hy aan ons genade bewys. Alles wat ons het is ‘n geskenk van Hom af. In reaksie hierop moet ons eerder ons sogenaamde regte aan Hom teruggee. 

Volgende keer wanneer jy voel dat jou reg geskend word, onthou wat jy eintlik verdien, en dank God liewer vir Sy ongelooflike barmhartigheid en genade.

Seëngroete van ROHSA