icon-newsletter

Die grootste probleem 

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Huwelike kan deur verskeie probleme getoets en geteister word. Geld! Dis waar baie rusies begin. ‘n Ander groot probleem is kommunikasie tussen lewensmaats.

Die kerk in Korinte het allerhande probleme in die gesig gestaar, net soos in ‘n normale huwelik vandag. Paulus het aan die gemeente geskryf om daardie probleme aan te spreek, maar hy het ook oor en oor terug gekeer na die kwessie van liefde.

Die oorhoofse probleem was dat die mense nie God se agape-liefde deur hulle laat vloei het nie. Agape-liefde beteken om liefde te gee sonder om iets terug te verwag. Dis ‘n suiwer en opofferende liefde wat doelbewus die ander persoon se belange hoog ag. Net soos God se liefde die probleme in Korinte kon oplos, sal God se liefde ook ‘n moderne huwelik kan transformeer.

Paulus skryf oor daardie soort liefde in 1 Korintiërs 13. Sal jy weer daardie gedeelte stadig gaan deur lees en dan vir God vra om deur jou, jou lewensmaat lief te hê? Hy kan jou help om spesifieke probleme aan te spreek met ‘n hartsgesindheid van Sy agape-liefde.

 

Seëngroete van ROHSA