icon-newsletter

Die afwesigheid van Liefde

 

Die Apostel Paulus maak in 1 Korintiers 13:3 ‘n stelling dat niks wat ons doen ‘n blywende impak sal hê, tensy ons dit in liefde doen nie. “En al sou ek al my besittings vir die armes gee en selfs my liggaam opoffer sodat ek my daarop kan beroem, maar ek kom die liefde kort, sou dit my niks help nie.”

Nancy het hierdie Skrifgedeelte so vir haarself verpersoonlik: “Alhoewel ek vrouens tydens konferensies leer, en baie ure in die Woord spandeer om dit te bestudeer en voor te berei vir opnames, as ek dit nie uit liefde doen nie, sal my lewenstaak op die ou einde ‘n groot vet nul beteken.”

Dit is nogal ontnugterend wanneer jy besef  hoeveel keer jy diensbaar was sonder enige liefde in jou hart. Die som totaal van daardie dade kom tot niks. Ongeag waarvoor God jou geroep het, voordat jy die taak aanpak, vra vir Vader om eers vir jou ‘n hart van liefde te gee.

1 Korintiers 16:14 bevestig dit: “Alles wat julle doen, moet in liefde geskied”.

Seëngroete van ROHSA