icon-newsletter

Verwyder die versoeking

In die Bergpredikasie het Jesus ‘n paar baie radikale uitsprake oor sonde gemaak.

In Matteus 5:30 sê Jesus: “Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland.”

Ek het dit nog nooit oorweeg om my hand af te kap nie. Maar om my hart te bewaar van sonde, moes ek al iets gedoen het wat vir my redelik radikaal was. Ek het op ‘n stadium besef dat ek heeltemal te veel TV kyk en ek het nie gehou van die effek wat dit op my siel en geestelike lewe gehad het nie.

Na ‘n lang gestoei het ek uiteindelik ‘n besluit geneem om nie TV te kyk wanneer ek alleen is nie. Ek het die verandering in my lewe byna dadelik opgemerk. My liefde vir God het weer opgevlam, en my begeerte na heiligheid was weer ‘n sterk motivering in my lewe.

Is daar een of ander duidelike bron van versoeking in jou lewe? Wat sal dit van jou verg om dit te verwyder? Soveel van ons sukkel deesdae met die versoekings wat sosiale media bring. As iemand wat self al ‘n moeilike keuse moes maak, kan ek in alle eerlikheid vir jou sê dat dit absoluut die moeite werd is.

Seëngroete van ROHSA