icon-newsletter

Beklee met liefde 

 

Ek vermoed een van die eerste dinge wat jy vanoggend gedoen het, was om jou klere uit te kies en aan te trek. Maar het jy onthou om liefde aan te trek?

Nee, dit is nie ‘n nuwe parfuum nie. Dit is een van die kenmerke wat Paulus in Kolossense 3 noem, waar hy sê: “omdat julle God se uitverkore heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. 

Sjoe! Kan jy jou indink hoe ons huise en werksplekke sou wees as elkeen van ons elke oggend bewustelik daardie vyf eienskappe aangetrek het?

Die gedeelte sê verder: “14 Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind.”

Hoeveel tyd spandeer jy om mooi aan te trek? En hoeveel tyd bestee jy daaraan om deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld – en bowenal liefde aan te trek?

Seëngroete van ROHSA