icon-newsletter

3 Redes vir vergifnis 

 

Hier is 3 redes volgens die Skrif, waarom ons moet vergewe:

Matt 6:14-15 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

Paulus het vir die gelowiges in Efesiers 4:26–27 gesê ”laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.” Wanneer ons nie vergewe nie maak ons die deur nie dig toe nie, dan kry satan ‘n vastrap plek, nie net in jou eie lewe nie, maar ook in die Liggaam van Christus.

Matteus 18:33-35 “Moes jy nie ook jou mede amptenaar jammer gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?’ Die koning was woedend en het hom oorgegee om gemartel te word totdat hy al die skuld betaal het. So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.”

Soos ons hieruit kan sien, kan jy geestelike, emosionele en selfs fisiese gevolge dra a.g.v. onvergewens gesindheid. Indien jy vergewe, beskerm en vry voor God wil wees, kies vandag om te vergewe.

Seëngroete van ROHSA