Die eerste boek van Samuel handel oor ‘n buitengewone vrou wat met genade, en in geloof, die moeilike mense in haar lewe gehanteer het. Sy is nie so bekend soos van die ander vroue in die Bybel, soos Maria van Nasaret, Debora of Sara nie, maar hierdie dame, Abigajil, het baie om ons te leer deur die voorbeeld wat sy gestel het.
Soos Abigajil kom jy ook waarskynlik met moeilike mense in aanraking. Dit is dalk iemand in jou huis, by jou werk, in jou kerk of in jou omgewing. Hoe hanteer mens sulke mense? Hoe kan jy met wysheid reageer teenoor iemand wat onverstandig of selfs goddeloos optree?
Gedurende hierdie ses-week Bybelstudie kan jy, deur Abigajil se lewe, leer hoe om anders op te tree in die moeilike verhoudings van die lewe.
Met behulp van skrifmemorisering, daaglikse studie en groepbesprekings is hierdie hulpbron ideaal vir beide individue en Bybelstudiegroepe.
Sagteband