icon-newsletter

Wraak is nie ‘n gawe nie

 

Die wêreld se opinie is dat wraak ‘n gawe of ‘n vaardigheid is. 

Ons lees verhale en kyk stories waar die soldaat as ‘n held uitgebeeld word, nadat hy sy lewe lank soek na die man wat sy pa vermoor het en hom dan uiteindelik opspoor om te kan wraak neem.

Jesus is verseker ‘n ander tipe held. In plaas daarvan om wraak te neem op Sy vyande, het Hy die straf wat hulle toekom op homself geneem. Bo en behalwe dat die Woord in Romeine 12 sê: ”Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here… Moenie dat die kwaad jou oorwin nie, maar oorwin die kwaad met die goeie”.

Ons word geroep om dieselfde tipe liefde as Jesus te openbaar. Die apostel Paulus sê: ”Liefde is lankmoedig”. Wanneer God se liefde in ons is, beteken dit dat ons selfs gewillig is dat ander bevoordeel word, want dit kan beteken dat God daardeur verheerlik sal word. Ons sal meer besorg wees oor ander se welstand as hoe hulle gedrag ons beinvloed.

Wil  jy eerder ‘n moderne fiksie held of soos Jesus wees? Vra God om jou te help om Sy lankmoedige liefde uit te leef.

Seëngroete van ROHSA