icon-newsletter

Woorde wat net geraas maak

 

“Baie mense het al vir my gepreek oor God en die Bybel, maar ek het nie veel geluister nie. Dit was eers toe my pa siek geword het en ons buurvrou my ondersteun het met omgee en liefde, sonder om vir my te preek, wat ek begin luister het.”

Die wêreld word nie beinvloed met ons slim en regte antwoorde nie. Die wêreld is honger vir opregte omgee. 1 Korintiers 13 in die Boodskap: “Sê nou maar ek is so “geestelik” dat ek die tale kon praat wat die engele in die hemel praat en selfs nog ’n klomp ander, maar ek het nie ander mense lief nie, wat dan? Vir die Here klink daardie “geestelike gepraat” dan na niks anders nie as ’n geraas soos iemand wat teen ’n yster kap. Sê nou ek kan uitstekend preek, is hoog geleerd in die dinge van die Here en verstaan dinge van God wat ander mense nie eens weet nie, en boonop het ek nog die grootste geloof wat jy jou kan voorstel, maar ek het nie ander mense lief nie, is ek vir die Here ’n nul op ’n kontrak.”

Wanneer die wêreld nie beïndruk is met die geraas wat ons as gelowiges maak nie, is ons ​​woorde waarskynlik sonder liefde. Jou naaste sal nie beïndruk wees met jou boodskap, wat dit ook al is, as dit nie vanuit ‘n hart van onbaatsugtige liefde gedeel word nie. 

Hoe kan jy, net een van die dinge wat jy oor God se liefde glo, vir ander demonstreer?

Seëngroete van ROHSA