icon-newsletter

Woord vir woord 

 

Dwaal jou gedagtes ook soms wanneer jy jou Bybel lees? ’n Ou tegniek kan jou dalk help om te konsentreer.

Wanneer mens die tyd te neem om spesifieke Skrifgedeeltes uit te skryf, dwing ons onsself om na te dink oor wat ons lees. Dit help ons om besonderhede van die teks meer noukeurig waar te neem.

In die Ou Testament het God dikwels vir die Israeliete gesê om Sy woorde te kopier. In Deuteronomium 6:7-9 lees ons: “En hierdie woorde wat ek vandag vir jou voorskryf, moet jy op die hart dra. Herhaal dit vir jou kinders en praat met hulle daaroor wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan. Bind dit as ‘n teken om jou hand en laat dit ‘n versiering op jou voorkop wees. Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en op jou stadspoorte.” ’n Ander keer is hulle aangesê om ’n paar groot rotse op te rig en “al die woorde van hierdie wet baie duidelik te skryf op hierdie klippe wat jy opgerig het”.

Probeer om die gedeelte wat jy lees te transkribeer—skryf dit woord vir woord uit. En as jy regtig ambisieus is, wil jy dalk doen wat ‘n paar vriende gedoen het en eintlik jou eie kopie van die hele Bybel maak!

Seëngroete van ROHSA