In die 1950’s het ‘n groep kerkleiers gebid vir herlewing op die eiland Lewis, naby Skotland. Vir ‘n jaar en ‘n half het hulle geen verandering gesien nie.
Een aand staan daar ‘n man op en lees uit Psalm 24. “Wie mag teen die berg van die HERE opgaan, en wie mag in Sy heiligdom staan? Die mens met skoon hande en ‘n rein hart.”
Hierdie jong man het hulle daarop gewys dat dit nie reg is dat leiers vir herlewing bid as hulle nie self volkome eerlik is met God nie.
Daardie leiers het gekniel en elkeen hulle sonde voor God bely. Net ‘n kort rukkie daarna het God sy Gees begin uitstort in ‘n buitengewone ontwaking wat die hele eiland geestelik geruk het.
Wil jy sien hoe God sy Gees in ons lewens uitstort? Moenie vir ander wag om met God reg te maak nie. Erken jou eie sonde. God wag dalk vir net ‘n handjievol van Sy mense om hulle te bekeer voordat Hy die volgende groot ontwaking stuur.
Seëngroete van ROHSA