In die meeste van sy briewe verwys die apostel Paulus na die ontvangers daarvan as heiliges. 1 Korintiërs 1:2 “aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep”.
Paulus het nie die woord gereserveer vir mense wat onberispelik en sondeloos lewe nie. Paulus het in die meeste van sy briewe, al die gelowiges aangespreek as heiliges, insluitend die kerk in Korinte waar daar aansienlike morele en teologiese probleme was! Hulle was skuldig daaraan dat hulle onenig, bitter, immoreel en selfsugtig was, maar Paulus het hulle heiliges genoem – omdat dit was hoe God hulle gesien het.
Hulle was geheilig in Christus Jesus. Hulle sondige harte was skoon gewas deur die bloed van Jesus. Hy het in werklikheid gesê: “Omdat julle heilig is, leef soos heiliges.”
As jy ‘n kind van God is, besef jy dat jy ook ‘n heilige is? Die vraag aan my en jou is dus, leef ons soos heiliges — streef ons aktief na reinheid en om te groei na die beeld van Christus?
Seëngroete van ROHSA