icon-newsletter

Werklik skoon 

 

Toe vriende van my hulle huis verkoop het, het hulle dit bemeester om dinge skoon te laat lyk.

“Die agent bring iemand binne dertig minute! Dertig minute? Gryp die wasgoed. Ek sal die vuil skottelgoed kry. Ons sal hierdie goed in die kar se kattebak kan wegsteek!”

Net so kan ons ook ‘n  “Christelike voorkoms” aanleer. Ons weet hoe om skoon te lyk en reg op te tree wanneer ons by die kerk is of ‘n goeie indruk probeer skep. Maar dit is nie God se standaard nie, ons word geroep om werklik skoon te wees!

Die Fariseërs in Jesus se tyd het vreeslik heilig gelyk. Maar Jesus het gesê: “Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle bou die grafte vir die profete en versier die grafmonumente van die regverdiges.” Matteus 23:29

Soos die destydse Skrifgeleerdes, is dit maklik om van buite goed te lyk terwyl ons in werklikheid harte het wat onrein is. Daarom moet ons onsself ondersoek en eerlik antwoord: ”Is dit wat ander aan die buitekant sien dieselfde as wat aan my binnekant is?”

Seëngroete van ROHSA