icon-newsletter

Weg van die afleidings 

 

Is dit soms vir jou ook moeilik om van al die afleidings af weg te kom sodat jy alleen tyd met God kan spandeer? ‘n Ma het eenkeer hierdie storie vertel:

Sy het ‘n mooi herinnering gehad van hulle seuntjie wat toe ‘n kleuter was. Hy het elke oggend uit sy bedjie geklim en haar gaan soek. Hulle huisie was maar klein, en die enigste plek waar sy alleen tyd kon hê was in die badkamer, maar die deur het ‘n groot gaping aan die onderkant gehad. Dit was waar sy elke dag heen ontsnap het vir haar stiltetyd met God. Wanneer haar seuntjie haar daar opgespoor het, het hy sy handjie onder die deur deurgedruk en net haar voet vasgehou. Selfs op so ‘n jong ouderdom het hy geleer dat sy ma elke dag haar Bybel gelees het.

Mamma, watter gewoontes leer jou kind by jou? Wil jy nie more begin en vir jou kind wys dat die woorde van Psalm 5:3 ook in jou lewe ‘n werklikheid is nie. Dit lees: “U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.”

Seëngroete van ROHSA