Wanneer God ons seën, is Sy plan nie eintlik dat ons daardie seëning net vir onsself moet hou nie. Hy gee vir ons sodat ons kanale van seën na ander kan wees.
Nancy het oor die jare dikwels aan die einde van ‘n kamp vir die jongmense gesê, “Onthou nou wanneer ons paaie skei, wees geseënd en wees ‘n seën.”
Dit is soortgelyk aan wat God vir Abram in Genesis hoofstuk 12:2 gesê het. Nadat God hom na ‘n nuwe land geroep het, het God gesê: “Ek sal jou ‘n groot nasie maak; Ek sal jou seën en jou naam groot maak, sodat jy ‘n seën sal wees.”
Selfs in ons generasie besef ons, ons word ook nog baie geseën deur Abram, aangesien God die nasie wat hy voortgebring het, gebruik het om die Messias in te lei.
Hoe het God jou geseën? Het hy vir jou kos gegee? ‘n Werk? ‘n Huis? Vryheid om te aanbid? Vryheid van sonde? Hoe kan jy daardie dinge met ander deel en ‘n kanaal vir God se seën wees?
Seëngroete van ROHSA