icon-newsletter

Wees die voorbeeld 

Wil jy hê jou kinders moet leer om ander te vergewe? Dan is dit belangrik om self vergifnis te modelleer. Dit kan veral belangrik wees vir vroue wat deur die pyn van ‘n egskeiding gaan.

Dan moet jy nie jou seerkry verwoord met opmerkings soos: “Wat jy ook al doen, moenie met iemand soos jou pa trou nie!” of “Ek weet, hy het jou die naweek bederf met alles wat ek nie vir jou kan koop nie.”

Dit is so maklik om kwaad en bitter te wees, veral as jou kinders in die proses seer gekry het. Maar om by ‘n negatiewe en bitter ma te woon, kan meer skadelik vir kinders wees as die egskeiding self.

Dit maak nie saak in watter omstandighede jy is nie, dit is belangrik om vergifnis aan jou kinders te modelleer. Kies om diegene te vergewe wat jou verontreg het. Vernietig die rekord van die oortredings, maak jou eie hart skoon. Werk daaraan om die oortreders te seën en vir hulle te bid. Daardie stem in jou binneste herinner jou nie verniet aan Matteus 5:44 nie “Maar Ek sê vir julle: Julle moet lief wees vir julle vyande en julle moet bid vir die mense wat slegte dinge doen aan julle.”

Jou eie getuienis is verseker die mees kragtige manier om jou kinders van God se genade en vergifnis te leer.

 

Seëngroete van ROHSA