icon-newsletter

Watter tipe dissipel

 

Toe Jesus op aarde was, het Hy twaalf manne gekies om by Hom te weés, by Hom te leer en saam met Hom te leef, waar Hy ookal gegaan het. Al twaalf het dieselfde wonderwerke gesien, na dieselfde boodskappe geluister en dus dieselfde ervarings gedeel.

Maar drie van daardie twaalf, Petrus, Jakobus en Johannes, het ‘n binnekring gevorm. Hulle vriendskap met Jesus het ‘n vlak dieper gegaan as die vriendskappe van die ander. Die ander dissipels het  Johannes, die geliefde dissipel genoem. Ons lees in Johannes 21 dat hy op Jesus se bors geleun het en reguit vrae vir Hom gevra het. Hy was nader aan Jesus as al die ander.

Jesus roep vandag steeds mense om Sy dissipels te wees, Hy wil steeds intieme verhoudings ontwikkel. Wanneer ons bereid is om bo die eise van ‘n dag te kies om by God te wees om uit Sy Woord te leer, kan ‘n dieper vriendskap met Hom groei.

Watter soort dissipel is jy? Is jy ‘n lid van die binnekring? Neem jy elke dag genoeg tyd om na Hom toe te gaan en as te ware met jou kop teen Sy bors te rus, om Sy hart te kan ken?

Seëngroete van ROHSA