icon-newsletter

Wat as?

 

Het jy al ooit daaraan gedink hoe die lewe sou wees as God nie sy geskrewe Woord vir ons gegee het nie?

Natuurlik sal ons weet dat daar ‘n God is. Psalm 19 sê vir ons dat “die hemele die heerlikheid van God verkondig”. Maar sonder Sy Woord sal ons nie weet hoe Hy is nie, ons sal nie Sy karakter ken nie. Ons sal nie weet hoe om Hom te behaag nie. Ons sal ook nie weet wat vir Hom reg en verkeerd is nie. Ons sal dalk ‘n vae skuldgevoel ervaar wanneer ons sondig, maar ons sal nie weet hoekom nie.

Stel jou voor dat jy nooit die beloftes van God, die bevele van God, die wil van God of die weë van God hoor nie. Gelukkig hoef ons nie in daardie soort geestelike vakuum te bestaan ​​nie. God het gepraat, Hy het Homself aan ons openbaar.

God het vir ons die kosbare gawe van Sy Woord gegee, maar baie mense het dit op die rak gesit en lees nooit hulle Bybels nie. As jy dalk al ook vir ‘n rukkie nie joune lees nie, vir watter rede ookal, sal jy vandag tyd opsy sit en God weer deur Sy Woord leer ken? 

2 Timoteus 3:14 “Maar jy, bly jy by dit wat jy geleer het en waarvan jy vas oortuig is, omdat jy weet by wie jy dit geleer het, en omdat jy van kleins af die Heilige Skrifte ken wat jou die wysheid kan gee tot verlossing deur die geloof in Christus Jesus.”

Seëngroete van ROHSA