icon-newsletter

Was my

 

Het jy jouself al bedrap dat jy ook die blameer-speletjie speel? 

  • As ek ‘n ander man gehad het, sou ek ‘n beter vrou gewees het. 
  • Wanneer dinge weer rustiger gaan by die werk sal ek meer geduldig wees by die huis. 

Koning Dawid is vir ons ‘ n goeie voorbeeld van iemand wat verantwoordelikheid geneem het vir sy sonde. Psalm 51 is sy gebed van verootmoediging. Luister bietjie hoe hy niemand anders die skuld gee het vir sy sonde nie. Hy sê: “Wees my genadig, o God, in U troue liefde, wis my oortredings uit in U groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in U oë.”

Sal jy vir God vra om enige sonde in jou hart vir jou uit te wys?  En dan, in plaas daarvan om ander te blameer, bid soos koning Dawid in vers 9, “Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.”

Seëngroete van ROHSA