icon-newsletter

Was jou hart

 

“Van jongs af is ek by die kerk met elke moontlike geleentheid. Sondag oggend en aand, en met elke ander geleentheid is ek steeds op my pos by die kerk.”

Wat dink jy, herstel kerk toe gaan jou verhouding met God? Ek dink dat baie van die mense wat godsdienstig kerk toe gaan, ongelukkig nie noodwendig ‘n persoonlike verhouding met God het nie.

Dieselfde was waar van Israel toe die profeet Jeremia hierdie woorde in hoofstuk 5:23 gesê het: “Maar hierdie volk is rebels en opstandig, hulle het in opstand gekom, My verlaat.  Hulle het nie vir hulself gesê ons moet die Here ons God dien nie”.  

Jeremia het nie van die ongelowiges gepraat nie, hy het die gelowiges beskryf! Hulle het allerhande tradisies gevolg om geestelik rein te wees. Reeds in hoofstuk 4 sê hy vir hulle ”As jy jou wil bekeer, Israel, moet jy jou tot My bekeer, sê die Here. As jy jou afskuwelike afgode voor My wegvat, moet jy nie meer dwaal nie… Wy julle aan die dien van die Here, en verwyder alle ontrou uit julle harte.”

Soms is ‘n geestelike voorkoms net ‘n manier om ‘n sondige hart te kamoefleer. As jy dit nog nooit gedoen het nie, sal jy toelaat dat God, deur die kosbare bloed van Jesus, jou hart reinig en daaroor heers?

Seëngroete van ROHSA