‘n Groepie vroue sit en gesels. Een vertel dat sy 14 jaar oud was toe haar pappa oorlede is, en 2 jaar later is sy getroud. Wanneer sy terugkyk besef sy dat haar behoefte was dat haar man haar die sekuriteit sou gee wat sy gemis het. Sy het gevoel dat sy nie kon leef sonder haar man nie. Haar vriendinne het haar nou oortuig dat net God daardie rol kan vervul. Net Hy kan haar werklik gelukkig maak en in werklikheid het sy haar man versmoor.
Vandat sy nie meer daardie verwagting van haar man het nie, is sy vry en kan sy hulle huwelik van 15 jaar vier. Baie mense dink die doel van ’n huwelik is dat daar dan iemand is wat hulle gelukkig moet maak.
Kan ons met vrymoedigheid soos Asaf in Psalm 73:25 sê “Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie.”
Wanneer jy verwag dat iemand anders jou behoeftes moet vervul, gaan jy hulle in alle waarskynlikheid net wegstoot. Wanneer God waarlik jou sekuriteit en bron is, sal jy jou vreugde vanuit jou verhouding met Hom kry. Dan hoef jy nie na ‘n ander persoon te kyk om in jou diepste behoeftes te voorsien nie.
Seëngroete van ROHSA