icon-newsletter

Wanneer ons nie bid nie

 

Weet  jy dat dit ‘n sonde teen God is om nie te bid nie? 1 Samuel 12:23 sê: “Ook ek sal nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie. Ek sal julle aanhou onderrig in die goeie en reguit pad.”

Wanneer ons nie bid nie, is dit volgens God se Woord direkte ongehoorsaamheid. In 1 Tessalonisense 5:17 is dit ’n direkte opdrag aan ons “Bid sonder ophou”.

Om nie te bid nie, maak ons kwesbaar. Matt 26:41 “Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.”

Ons is kragteloos wanneer ons nie bid nie. Dit beperk ons verhouding met God. Dit keer ons om te weet wat Sy wil, Sy prioriteite en Sy rigting is.

  • Wanneer ons nie bid nie, vertrou ons op wat ons kan doen in plaas van wat Hy kan doen.
  • Wanneer ons nie bid nie, openbaar ons trots, self-voorsiening, en ‘n tekort aan dissipline.
  • Wanneer ons nie bid nie, laat dit ons swak, gejaagd en vol probleme.

Waarom bid ons dan nie? Kom ons gebruik die dissipels se woorde en sê: Here, leer ons bid.

Seëngroete van ROHSA