Is jy soms ‘n bron van versoeking vir die mense om jou?
Jou man het dalk ‘n oortuiging in sy hart om nie op die Sabbatsdag te werk nie – is daar dan maniere waarop jy hom manipuleer om dinge te doen wat jy graag gedoen wil hê?
Besef jy hoeveel invloed ons as vrouens het? Dalk is dit waarom satan destyds al die vrou in die tuin van Eden, met sy leuens geteiken het. Sy het haar man beïnvloed om te sondig en generasies daarna word steeds daardeur geaffekteer.
Ons gaan vandag weer met die vyand se leuens gebombardeer word. Hierdie leuens kom in elke moontlike vorm – van sosiale media en flieks, soms selfs deur beraders en vriende. Wanneer ons op hierdie leuens reageer, beinvloed ons ander mense om ook daarop te reageer, die misleiding word op dié manier vol gehou.
Wanneer ons egter ons gedagtes met God se Woord vul en op Sy waarheid reageer, sal ons juis die teenoorgestelde doen. Soos die skrywer van Hebreërs in hoofstuk 10 skryf “ Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.”
Dink ‘n bietjie na oor jou verhoudings. Wat wakker jy aan, hoe lyk jou invloed?
Seëngroete van ROHSA