icon-newsletter

Waarom so mismoedig?

 

Het jy ooit tye in jou wandel met die Here, waar dit vir jou uitgedor en droog voel? Ek weet, ek ervaar dit soms. In sulke tye bemoedig Psalm 42 my keer op keer.

In die middel van ‘n geestelike woestyn, herinner die Psalm skrywer homself aan tye wat verby is toe hy vreugde in God se teenwoordigheid ervaar het.

Psalm 42 vanaf vers twee “Soos ’n wildsbok smag na water, so smag ek na U, o God. Ek verlang na God, die lewende God. Wanneer kan ek ingaan en weer voor Hom verskyn?” Vers 5 “As ek nadink hoe dit voorheen was, is ek ontsteld. Toe het ek geloop saam met die aanbidders en ’n optog gelei na die tempel van God terwyl ek sing en jubel saam met die skare wat feesver.”

In geloof besluit hy dan om God te aanbid, maak nie saak hoe hy voel nie.

Vers 6 “Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder en my God!.”

Wanneer ek mismoedig voel, maak ek vir myself ‘n lysie van die dinge wat God al vir my gedoen. Wanneer ek Sy getrouheid so voor my op skrif sien, is dit maklik om weer ‘n bewuste keuse te maak om Hom te aanbid.

Seëngroete van ROHSA