icon-newsletter

Waarheid voor God

 

Hoeveel keer hoor jy dat mense die woorde “ek sweer voor God” sommer ligtelik gebruik, net om te bevestig dat hulle nou werklik die waarheid praat?

Daar is ‘n paar maniere waarop ons kan toets of ons tot God in waarheid nader.

Hoe sal jy die volgende vrae beantwoord?

  • Neem jy dikwels aan gemeenskaplike aanbidding en gebed deel terwyl jou hart eintlik koud teenoor God is?
  • Is jou gebede eerlik? Sê jy woorde wat jy dink God sal beiindruk, of vertel jy vir God wat werklik op jou hart druk?
  • Wanneer jy in die publiek bid, is jy meer bewus van God se teenwoordigheid of meer gefokus op die mense wat jou hoor?
  • Sien jy sonde soos God dit sien, of sien jy sonde as ‘n swakheid, ‘n glipsie of selfs as deel van jou persoonlikheid?

Psalm 51:8 sê : “Maar u verwag opregtheid diep in ‘n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.” Ja, gaan jy God vandag toelaat om die waarheid in jou hart te toets?

Seëngroete van ROHSA