Nancy het ‘n brief van Shondra af gekry, wat bewys wat met ons kan gebeur wanneer ons ingee vir ‘n leuen.
Sy skryf: Ek het nie gedink God sou my as een van sy kinders aanvaar nie, nie soos ek was nie. Daarom het ek hard probeer om beter te presteer, sodat ek Hom kon tevrede stel. Ek het regtig geglo om ‘n perfekte Christen te wees, is wat èk moes doen om deur Hom aanvaar te kan word. Die druk om perfek te wees was so groot dat ek in ‘n diep depressie verval het.
Sien jy hoe sy ‘n leuen geglo het, en toe haar lewe daarop gegrond het? Maar daar is genadiglik meer krag in die waarheid. Shondra skryf sy het tot die besef gekom dat sy haar gedagtes met God se Woord moet vul—nie om te presteer of om Hom nie terleur te stel nie. Sy moes net die waarheid ken, sodat sy nee kon sê vir leuens. Net soos die Bybel in Johannes 8:31 Sê “As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels, en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”
Wat kan jy vandag doen om jou gedagtes te vul met God se bevrydende waarhede?
Seëngroete van ROHSA