icon-newsletter

Waarheen draai jy?

 

Waarheen draai jy wanneer die lewe seermaak? Versmoor jy jou sorge in ‘n bak roomys? Of voel jy dalk dat jou probleme darem nie so erg is, as sommige van die stories wat jy sien mense op sosiale media aanvang nie? Dalk dink jy dat jy sal beter voel nadat jy ‘n glasie wyn gehad het.

Wanneer ons seerkry, is ons vinnig om na ander mense of dinge te draai om ons te troos, of van ons probleme te probeer ontvlug.

In Jakobus 5 vers 13 lees ons waarheen om te vlug vir ware vertroosting “Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor”. 

Ongeag hoe ons voel of waardeur ons gaan, ons eerste reaksie moet wees om na God toe te draai. Enigiets anders sal nutteloos en as onvoldoende bewys word.

Is jy vandag beswaard? In plaas daarvan om jou pyn te probeer toemaak met vinnige aardse oplossings, wil jy nie eerder bid en troos vind in God se teenwoordigheid nie? Ervaar ware vertroosting in Sy plan en Sy getrouheid.

Seëngroete van ROHSA