Is jy een van die mense wat daarvan hou om dinge tot in die fynste detail te beplan?
“As hy dus op 67 aftree en ek op 65 … met my belegging en sy pensioen, en ons spaargeld, sal ons finansies genoeg wees … ten minste tot ek 99 jaar oud is. Daarna dink ek sal een van ons moet plan maak om by Jesus te wees!”
Ek wil alles beplan, maar soms steek God stokkie daarvoor. Dit is wat gebeur het met Abram, wat bekend geword het as Abraham die Hebreeuse. Die woord Hebreeus beteken ‘vreemdeling’. God het hom uit die veiligheid van sy huis geroep met die belofte van ‘n nuwe land. Abraham het jare lank rond getrek en vertrou dat God se belofte eendag sou waar word.
Miskien gaan God vandag jou planne omkeer, om jou daaraan te herinner dat hierdie wêreld nie jou tuiste is nie. 1 Petrus 2:11 ”Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net ‘n mens se lewe.”
In plaas daarvan om ontsteld te raak wanneer dinge nie presies volgens plan verloop nie, fokus op hoe God jou moontlik op ‘n ander pad of wyse probeer lei?
Seëngroete van ROHSA