icon-newsletter

Vra en luister

 

Van jongs af het my pa ons al geleer “wanneer jy met mense gesels, vra hulle uit oor hulle self. Mense hou nie daarvan om te hoor wat ander van hulself dink nie, maar ironies genoeg hou hulle daarvan om oor hulself te praat.” Dit was die raad van ’n suksesvolle besigheidsman, wat die kuns verstaan het om met mense te werk. Dink bietjie mooi daaroor, is dit ook ‘n Bybelse beginsel?

1 Korintiërs 13 sê vir ons liefde is nie jaloers of grootpraterig, trots of onbeskof nie. Om belangstelling in ander te toon gaan verder as die slim maniere van suksesvolle besigheids praktyke. Wanneer ons gevul is met God se liefde, sal ons ‘n opregte belangstelling hê in wat ander mense te sê het.

Sal jy God vra om jou met Sy ware liefde te vul? In gesprekke vandag, oefen dit en probeer om mense oor hulself uit te vra. Vra God om jou te help om meer te luister en minder oor jouself te praat.

Seëngroete van ROHSA