icon-newsletter

Voltooi God se agenda 

Voel jy ook dat selfs met al die tydbesparende toestelle wat daar tot ons beskikking is, jy steeds nie genoeg tyd in ‘n dag het nie?

Ons het dieselfde hoeveelheid tyd as elke ander mens wat nog ooit geleef het: vier-en-twintig uur vir elke dag. Dit is ook dieselfde aantal ure wat Jesus per dag gehad het, Hy moes die hele plan van verlossing in net drie jaar volbring. Aan die einde van daardie tyd het Jesus tot Sy Vader gebid: “Ek het aan U heerlikheid op aarde gebring deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen.” Johannes 17:4

Jesus was nie bekommerd oor wat almal om Hom, van Hom verwag het om te doen nie. Hy het geweet Hy het net genoeg tyd gehad om te voltooi wat God Hom gegee het om te doen. 

Ek en jy het genoeg tyd om dieselfde te doen. In plaas daarvan om vandag gedruk en getrek te word om aan almal se verwagtinge te voldoen, vra God om jou te help om op Sy agenda te fokus. Hy sal jou al die tyd gee wat jy nodig het.

Seëngroete van ROHSA