icon-newsletter

Volledige heiligheid

 

Hudson Taylor het gesê: “Ek het my sonde gehaat. Ek het gevoel dat daar niks in hierdie wêreld was wat ek soveel begeer het as om heilig te wees nie. Maar hoe meer ek dit na gejaag en daarna gestreef het, hoe meer het dit my ontwyk.”

Daardie was die woorde van Hudson Taylor, ‘n pionier sendeling in China, bekend vir sy geloof en absolute toewyding aan God. Maar dit het hom gepla dat hy nog steeds in gegee het vir sonde. Hy het erken: “Ek word dikwels versoek om te dink dat iemand wat so vol sonde is nie ‘n kind van God kan wees nie.”

Dit was toe dat ‘n vriend vir hom hierdie aanhaling gegee het uit ‘n boek met die titel “Christus is alles.” 

  • Die Here Jesus ontvang, is die begin van heiligheid. 
  • Die Here Jesus gekoester, is heiligheid wat vorder en groei. 
  • Die Here Jesus wat gereken word as ewig teenwoordig, sal jou heiligheid voltooi.

Hudson Tayor het met nuwe oë na Christus en Sy heiligheid gekyk. Dalk moet jy dieselfde doen. Soos wat jy meer op Jesus en minder op jou eie vermoëns fokus, sal jy Sy beeld aanneem.

Seëngroete van ROHSA