icon-newsletter

Volharding kweek karakter

 

Kan ek net een keer probeer?  Maar Ma, hoekom mag ek nie? Maar Ma…

Sommige kinders wil alles doen en probeer, en wil nie die antwoord aanvaar wat jy vir hulle gee nie. Ongelukkig benader ons ons Hemelse Vader op dieselfde manier.

Ons vergeet soms dat God ons toelaat om deur moeilike tye te gaan vir ‘ n rede – om ons te leer, om ons te vorm na die beeld van Sy Seun, en daardeur ‘n goddelike karakter in ons te ontwikkel.

Dit is waarom die apostel Paulus in Romeine 5 kon sê: “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.”

Is jy besig om opstandig te wees in omstandighede wat God in jou lewe toelaat? Hoekom sê jy nie eerder, “Vader, ek aanvaar hierdie omstandighede uit U hand. Gebruik dit om my te vorm na Jesus se beeld.

Seëngroete van ROHSA