icon-newsletter

Vertroue of tirannie 

 

Ons almal moet keuses maak tussen vertroue en tirannie. Ons vertrou God óf vir alles wat ons nodig het óf ons word vasgevang in die begeertes vir dinge wat ons so graag wil hê.

Ons kan byvoorbeeld op God vertrou om finansieël vir ons te sorg en te voorsien. Maar wanneer ons God nie vertrou nie, kan ons vasgevang word in suinigheid, steel, bedrog of stress.

Ons kan ook op God vertrou om ons te beskerm, of ons kan oorweldig word deur vrees, bekommernis of obsessie met wapens en ons veiligheid.

Hier is nog ‘n voorbeeld. Ons kan God vertrou om ons vriend en metgesel te wees, en al ons verhoudings aan Hom toe vertrou. Of ons kan besitlik, jaloers en manipulerend almal om ons probeer beheer.

Om God te vertrou, beskerm ons daarvan om slawe van ons eie begeertes te word. Dit berei ons ook voor om alles wat ons nodig het van God te ontvang. Soos dit in Filippense 4:19 sê: “En my God sal ruimskoots in al julle behoeftes voorsien, in ooreenstemming met sy heerlike rykdom in Christus Jesus.”

Seëngroete van ROHSA