icon-newsletter

Vertroue of ‘n wrede meester

 

Ons het almal die keuse om te rus in vertroue of onrustig te wees te midde van eksterne invloede. Of ons vertrou God vir alles wat ons nodig het óf ons word verstrengel deur die meester van al die dinge wat ons wil hê.

Ons kan byvoorbeeld God vertrou om finansieel vir ons te voorsien. Maar as ons God nie vertrou nie, kan ons maklik in die gulsige strikke van skelm wees, bedrog of bekommernis, trap.

Ons kan ook op God vertrou om ons te beskerm, of ons kan oorweldig word deur vrees, bekommernis of ‘n obsessie met wapens en veiligheid.

Hier is nog ‘n voorbeeld. Ons kan God vertrou om ons metgesel en vriend te wees, al ons verhoudings aan Hom toe te vertrou, of ons kan vasgevang word deur besitlikheid, wellus en manipulasie.

Vertroue in God, beskerm ons daarvan om slawe van ons eie begeertes te word. Dit berei ons ook voor om alles wat ons nodig het van God te kan ontvang. Soos dit in Filippense 4:19 sê: ”En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.”

Seëngroete van ROHSA