icon-newsletter

Verskonings 

Vandag kom ons weer te staan voor keuses wat ons moet maak. Dit is: ons kan verantwoordelikheid neem vir ons dade, of ons kan verskonings maak.

God roep ons nie om verskonings te maak nie. Hier is waartoe Hy ons wel roep, volgens Romeine 12:10 “Julle moet mekaar liefhê met innige broederliefde. Gaan mekaar voor in eerbetoning.”
Of kies jy een van die verskonings: “Ek het ongelukkig op my kinders geskree, maar dit is omdat ons huisie so klein is!” of sê jy “Wel, dit is daardie tyd van die maand, ek kan nie help nie.”

Vers 11: ”Moenie traag wees in julle toewyding nie; bly geesdriftig; hou vol om die Here te dien…”

“Ek sal dit nooit reg kry nie, my werk is te stresvol! Ek is totaal en al uitgeput, ek het nie tyd vir bid nie.. Ek kan nie eers funksioneer nie.”
Vers 12: ”Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed.”

Of is jou verskoning dat dit jou eks en jou ouers se skuld is dat jy so optree?
“…Moenie wys wees in julle eie oë nie. 17Moet niemand kwaad met kwaad vergeld nie, maar rig julle gedagtes op dit wat vir alle mense goed is.”

Jy het die voorreg om self te kan kies. Kies jy om verskonings te maak vir jou optrede, of maak jy staat op God se krag en kies jy om aan Hom gehoorsaam te wees. Wat kies jy vandag?

Seëngroete van ROHSA