Paulus die apostel leer vir ons dat liefde nie afgunstig is nie, m.a.w. liefde is nie jaloers nie.
Elisabeth Elliot help ons om hierdie begrip mooi te deurdink. Sy skryf “As ek sê dat ek my naaste liefhet, laat ek my liefde toets deur te vra hoe bly ek is wanneer daardie persoon daarin slaag om iets te bekom waarvoor ek al so lank vra. Veral wanneer daardie persoon liefde op ‘n manier kan ervaar wat my nie te beurt val nie, juis wanneer dit my grootste hartsbegeerte is.”
Vir enkellopendes kan dit ‘n groot uitdaging wees om nie jaloers te voel wanneer al jou vriende trou en jy nie jou lewensmaat kry nie. Vir getroudes kan dit die swaarkry wees wanneer jy genooi word na ooievaarstees, maar julle kan self nie swanger word nie.
Dis kan baie moeilik wees om jaloesie en afguns te vermy, maar onthou die bron van liefde is God. Die manier om jaloesie te vermy is om geanker en gevul te wees met God se liefde. Vra God om elke leemte in jou hart te vul met Sy liefde, dan sal daar nie vir jaloesie geleentheid wees om in te kruip nie.
Psalm 23 vir jou: Die Here is jou herder; jy ly nie gebrek nie. In groen weivelde laat Hy jou rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy jou. Hy gee jou nuwe lewenskrag; Hy lei jou op die regte paaie ter wille van sy Naam.
Seëngroete van ROHSA