Die eerste stap in die proses van vergifnis is om eerlik teenoor jouself te wees. Dink mooi oor hoe jy voel jy al deur ander mense verontreg is.
Vergifnis beteken nie om voor te gee dat die oortreding nooit gebeur het nie – dit is nie eerlik nie. Dis ontkenning. Om dit af te maak dat dit lank gelede gebeur het, of nie eintlik so ernstig was nie, is ontkenning.
Ware vergifnis gaan daaroor om die werklikheid in die oë te kyk en dit dan op God se manier te hanteer. Hy wil nie hê jy moet weghardloop van jou pyn nie. Hy wil hê jy moet eerlik wees oor die seer en dit na Hom toe bring. 1 Petrus 5:10 ”Maar al moes julle vir ‘n kort tydjie ly, sal die God van alle genade, wat julle tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus geroep het, julle herstel, bemagtig, versterk en stewig vestig.”
Is jy eerlik met jouself oor jou ervaring van die manier waarop ander jou behandel het? Ek wil jou aanmoedig om ‘n lysie te maak van mense wie jy nog nooit vergewe het vir die manier waarop jy voel hulle jou verontreg het nie… enige iemand. Dis nie sodat jy nou ‘n wrok kan koester nie. Al is dit ‘n ou wond wat jy oopmaak, dis nodig om werklik gesond te word, dit kan nie aanhou broei in jou binneste nie. So kan jy vergifnis kies en daardeur gesond word.
Seëngroete van ROHSA