Daar is ‘n baie realistiese beeld van onvergewensgesindheid in Charles Dickens se roman “Groot verwagtinge”. Hy skryf oor die juffrou Havisham, wie se verloofde koue voete gekry het op hulle troudag en weggehardloop het.
Vir dekades het juffrou Havisham nooit haar trourok en sluier uitgetrek nie. Al wat later van haar trourok oorgebly het was vodde en vlenters lap. Sy het ook nooit die swaar, dik gordyne voor die vensters oop getrek nie. Nie eens ‘n sonstraaltjie kon inskyn nie. In plaas daarvan om haar troukoek te eet, het sy dit laat muf en uitdroog. Op die ou einde het net die muise het daarvan geëet.
Sy het gesê: “Die muise het aan ons pragtige troukoek geknaag, maar skerper tande as die tande van muise het aan my geknaag.”
Miskien ken jy daardie soort tande is—die skerp kante van bitterheid en onvergewensgesindheid wat vreugde en vrede wegvreet.
Hebreërs 12:15 “Sien toe dat niemand die genade van God verspeel nie, sodat geen wortel van bitterheid opskiet, en moeilikheid veroorsaak, en baie daardeur besoedel word nie.”
Ek wil vir jou sê, daar is ‘n pragtige gesonde lewe buite die donker mure van seer en bitterheid. Jy kan vandag vryheid vind deur te kies om diegene te vergewe wat jou onreg aangedoen het, of jou hart gebreek het.
Seëngroete van ROHSA